Tuesday, January 3, 2012

Maar Wat Van Die Storm (Notas)

  • Markus 4:35-41 (Jesus Maak Die Storm Stil)
  • Markus 5 - “En hulle het aan die oorkant van die see gekom…”
    • Gadara
  • Besetene van Gadara (Markus 5:1-20)
    • Man het in die grafte gebly
    • Niemand het daar verbei geloop nie.
    • Man was met ketting vas gemaak en het dit heeltyd gebreek.
    • Die man het dag en nag geskree en homself met klippe stukkend geslaan.
    • (6)Toe die man Jesus sien het hy onmiddelik na Hom gehard loop en voor Hom geval en geskree met ’n groot stem.
    • Jesus vra die demoon sy naam en hy antwoord: Legioen, want hulle was baie. (Legioen is omtrent 6,000 man gewees)
    • Jesus stuur die demone in ‘n trop varke in wat daar naby ge wei het en die varke harloop almal van ‘n krans af tot binne in die see.
    • (14)Die wagters van die varke het stad toe gehardloop en al mal vertel wat gebeur het. Die mense het Jesus gevra om asse blief die area te verlaat.

  • Mattheus 9:9-13 (Roeping van Mattheus)
    • Fariseers vra vir die dissipels hoekom hulle meester saam met vissermanne en tollenaars eet, waarop Jesus antwoord: “Die wat gesond is, het nie ‘n geneesheer nodig nie, maar die wat ongesteld is.”

  • Markus 5:21-43
    • (Jairus se dogter en die vrou wat lei aan bloedvloeiing)
    • Jairus (owerste by die sinagoge) val voor Jesus en vra Hom om sy dogter te genees wat op haar laaste is.
    • Oppad na Jairus se huis raak ‘n vrou aan Jesus se soom van Sy kleed.
    • Die vrou het aan bloedvloeiing gelei vir 12 jaar.
    • Sy het al haar besittings weg gegee aan verskeie geneeshere maar het nog nooit gesond geraak nie.
    • Die oomblik toe sy aan Jesus se soom van Sy kleed raak was sy genees en Jesus het krag uit Hom voel verlaat.
    • Jesus stop en vra wie aan Hom geraak het.
    • Jesus sê aan die vrou: “Jou geloof het jou gered.”
  • (35)Terwyl Jesus met die vrou praat het die dogter van Jairus reeds gesterf.
    • Toe Jesus by Jairus se huis aankom sien hy klomp mense wat ween en huil en sê: (39) “Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slap.”
    • (40) En hulle het Hom uitgelag.
    • Jesus het almal uitgejaag behalwe die pa, ma en die wat Hom gevolg het.
    • (41) Jesus vat die dogtertjie se hand en sê: “Talita, koemi” wat beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! Sy het dadelik op gestaan en rondgeloop want sy was 12 jaar oud.
    • Jesus het almal beveel om niks te sê nie en vir hulle gesê om haar iets te gee om te eet
  • Markus 6 (Jesus het Nasaret toe gegaan)
    • Daar het Hy in die sinagoge gepreek
    • Mense het Jesus erken (Markus 6:2-6
  • Markus 6:7-13 (Sending van die twaalf)
    • Matt 12:14 (Hulle beplan om Jesus dood te maak)
  • Markus 6:14-29 (Dood van Johannes die Doper)
  • Markus 6:30-44 (Vermeerdering van die brode)
    • (31) Dissipels moet rus
    • Hulle het in die skuit geklim en na ‘n verlate plek gegaan sodat hulle kan rus, maar die mense het hulle te voet gevolg.
    • (34) Toe hulle uit klim het Jesus jammer gevoel vir hulle want hulle was soos skape sonder ‘n herder.
    • Jesus en sy dissipels voer die 5,000+ man wat daar was met 5 brode en 2 vise waar daar nog 12 mantjies oor was na dat hulle almal versadig was.
    • Jesus beveel die dissipels om solank oor te vaar terwyl Hy die mense weg sien
  • Markus 6:45-56/Mat 14:22-36 
    • Jesus wandel op die see
    • (23b) Dit het aan geraak terwyl Jesus bid en Hy was alleen.
    • (24) Die boot waarop die dissipels was, was al in die middle van die see waar hulle baklei het om te roei a.g.v. die wind en golwe wat teen die boot slaan.
    • (25) In die 4de nagwaak het Jesus na hulle toe gekom al wan delende op die see.
    • Die dissipels was bang en het gesê Hy is ‘n spook, maar Hy het hulle gerus gestel en gesê hulle moenie vrees nie.
    • (28) Petrus ‘challenge’ Jesus en vra Hom om hom te beveel om op die water te loop. En Jesus antwoord: “Kom”
    • Petrus klim toe uit die boot en loop op die water na Jesus toe. Maar toe hy die wind sien raak Hy bang en verloor fokus en terselfde tyd ook geloof en hy begin sink.
    • (31) Hy het uitgeroep na Jesus en Hy het hom dadelik gehelp
    • Hulle het in die boot geklim en dadelik het die wind bedaar

OPSOMMING:


Na die eerste storm het die dissipels gesien wat Jesus kan doen.
Hulle het nou al besef dat as hulle by Jesus is, is hulle veilig.
Petrus se geloof was so baie, dat toe hy Jesus sien wou hy net by Hom wees.
Petrus was sterk oppad na die veiligheid wat Jesus bied, toe hy sy fokus verloor.
Toe Petrus sy fokus van Jesus af skuif het hy gesien hoe erg die storm is en hy het moed en geloof begin verloor en daarom het hy begin sink.
Maar so vinnig soos wat hy dit verloor het, het hy na Jesus geroep en Hy het hom gehelp.
_____________________________________________________


Dalk het jy op ‘n tyd ‘n groot geloof gehad en het kans gesien om enige iets te doen. Iewers langs die pad het jy fokus verloor en begin kyk na die situasies (storms) rondom jou.



Jesus sê:
“Kom”
Ek en jy vra:
“Maar Wat Van Die Storm”


Onthou solank jy by Jesus bly kan enige storm maar kom, Hy sal jou altyd beskerm. Al wat ek en jy moet doen is om Hom te nooi om in ons lewensboot te klim.


“ONE WORD FROM GOD CAN CHANGE YOUR LIFE”

No comments:

Post a Comment