- Markus begin sy boek waar Jesus gedoop (baptitso) word in die
- Jordaan Rivier
- Jesus begin disipels bymekaar maak (Markus 1: 14-20)
- Preek in sinagoges (Mat 4:25), dryf demone uit (Mat 4:24) - Kapernaum
- Mense was verstom en vra: Wie is Hy dat die demone vir Hom luister? (Mark 1:21-28)
- Uit die sinagoges na Simon se skoonma wat siek is en maak haar gesond deur om net aan haar hand te vat. (Mat 8:14-17)
- Teen die aand: Bring almal die siek en besetene na Jesus toe om hulle gesond te maak en vry te spreek. (Markus 1:32)
- Volgende oggend vroeg:
- Sonder Jesus Homself af om te gaan bid (Markus 1:35) en besluit toe om na die volgende dorp te beweeg.
- Jesus se beroemdheid het so vinnig versprei dat toe Hy in ’n huis was in Kapernaum het die mense die hele huis en selfs die deure toe gestaan.
- Dis in die huis wat die mense die dak oopgebreek het en en ’n verlamde laat in sak het sodat Jesus hom kon genees. (Markus 2:1-12)
- Leering d.m.v. vergelykinge: Markus 4:1-34 (Sien Mat, Lukas, Johannes)
- Deur als ’challenge’ Jesus die skrifgeleerdes en autoriteit
Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.” Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
‘n Paar dinge om te onthou:
- Die disipels het als gelos om Jesus te volg.
- Hoekom het die disipels als gelos om Jesus te volg? (Rabi kleed)
- Meeste van hulle was vissermanne - manne wat die see ken.
- Die See van Galilea was bekend tot vandag toe vir sy storms.
- Die disipels het teen daai tyd al gesien wat Jesus kan doen (genesing, demone uitdryf, ens.)
________________________________________________________________________________
- Jesus het geslaap op die agterkant van die boot.
- (Was Hy moeg? Of was dit ‘n toets?)
- Toe die storm op kom het die disipels nog steeds bang geraak.
- Hulle maak Jesus wakker en vra: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Jesus word wakker en bestraf die wind deur die woorde: “Hou op! Bedaar!”
- Toe vra Jesus vir hulle: “ Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”
- Dis asof Hy vir hulle vra: “Het julle nog nie gesien wat ek kan doen nie? Waarom twyfel julle?
Toe hulle sien dat die storm bedaar het was hulle verbaas en vra mekaar:
“Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
Die Storm In My
Is daar storms in jou lewe?
Lyk dit of jy gaan verdrink?
Jy het ook al van Jesus gehoor of selfs al begin ‘n pad stap saam met Hom.
Twyfel jy ook soos die disipels?
Onthou Jesus is daar al lyk dit nie so nie!
_________________________________________________________________________________
Onbeskaamd - Drenkeling
Jesus ek is besig om te verdrink
Die golwe is hoog en die water diep en donker
Ek is moeg gespartel
Ek klou soos ‘n drenkeling vas aan U woorde
Maar my vingers is besig om te gly
Desperaatheid hou my kop onder water
En versper my enige hoop
Gooi net ‘n reddingstou in my hand
Of spreek ‘n woord dat die storm bedaar
Ek is saam in jou lewensboot
Die golwe kan maar woed, ek maak die storm in jou stil
Dit is waar, hoe hoër die branders
Hoe stywer hou Ek jou vas
Hoe duideliker hoor jy My hart
No comments:
Post a Comment