- Matt 26:1-5 “Die owerstes van die Jode hou saam raad”
- (2) “Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.”
- Jesus het vooraf geweet wat Sy Vader se doel met Hom is.
- Matt 26:6-13 “Die maaltyd in Betanie”
- (7) Vrou met die albaste fles met baie kosbare salf kom na Je- sus en gooi dit op Sy hoof uit.
- Albaste fles: Dit was ‘n baie duursame geskenk van ouers aan dogters wanneer hulle reg was om te trou. Die dogter het dit dan aan haar toekomstige man se voete gebreek om vir hom te wys hy is haar als werd.
- Matt 26:14-16 “Die loon van die verraad”
- Judas gaan na die owerpriesters om te onderhandel hoe hy Jesus gaan oorlewer en teen watter prys.
- Matt 26:17-30 “Die laasta pasga. Die heilige nagmaal.”
- Pasga(Eng: Passover) Fees van die Ongesuurde brode
- Exodus 12:43-51
- Jesus en Sy dissipels gebruik die nagmaal.
- Matt 26:31-35 “Petrus gewaarsku”
- Matt 26:36-46 “Jesus in Getsemane”
- Jesus en sy dissipels het gaan bid in die tuin van Getsemane
- (39) “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”
- (40) Dissipels het aan die slaap geraak en Jesus sê vir Petrus:
- “So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”
- Hematidrosis (Lk. 22:44)
- (42) Jesus het vir ‘n tweede keer gaan bid.
- (43) Vir ‘n tweede keer het die dissipels aan die slaap geraak.
- (44) Jesus het hulle maar gelos om te slaap en vir ‘n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gebruik.
- (46) “Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
- Matt 26:47-56 “Jesus word gevange geneem”
- LEES
- Matt 26:57-68 “Jesus voor die Joodse raad”
- LEES
- Matt 26:69-75 “Jesus deur Petrus verloen”
- Petrus ontken dat hy Jesus ken.
- Matt 27:1-10 “Die selfmoord van Judas”
- (3) Judas besef wat hy gedoen het en gee die geld terug.
- (5) Judas hang homself
Matt 27:11-31 “Jesus voor Pilatus- Joodse wet: 39 houe
- Romeinse wet: 40 houe; Man moet net na die straf sy eie kruis kan dra.
- Jesus kon nie sy kruis alleen dra nie (Matt 27:32)
- Matt 27:32-56 “Die Kruisiging”
- Kruisiging het 6 ure lank geduur
- Abnormale gebeurtenisse tydens die kruisiging:
- Matt 27:45
- Matt 27:51
- Matt 27:52-53
- LEES
- Matt 27:57-66 “Die begrafnis van Jesus”
- Matt 28:1-10 “Die Opstanding”
- Matt 28:11-15 “Die verhaal wat onder die Jode versprei is”
- Matt 28:16-20 “Die verskyning van Jesus in Galilea” - Jesus het ook aan ander groepe mense verskyn:
- Lukas 24:13-32; Lukas 24:34; 1 Kol 15:5
Die Nagmaal:
- Waar kom die gebruik van nagmaal vandaan?
- Die nagmaal is deur Jesus self ingestel. Jesus sê ons moet dit gebruik tot sy gedagtenis. (Lees meer in 1 Kor. 11:24-26)
- Wat is die nagmaal?
- Die nagmaal is ‘n verbond wat deur Jesus ingestel is en deur Sy bloed beseël is (1 Kor 11:25-26). Dit is ‘n ooreenkoms tussen Jesus en die mens, ‘n sigbare teken dat Hy Sy bloed aan die kruis gestort het om vir ons sondes te betaal (Openb. 1:5)
- Hoekom gebruik ons nagmaal?
- Ons gebruik nagmaal om ons daaraan te herinner dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, dat Sy bloed uitgestort word tot vergifnes van sondes. (Matt 26:28)
- Ons verkondig ook die dood van Jesus Christus todat Hy weer kom.
- Waar mag ons die nagmaal gebruik?
- Die nagmaal kan op enige plek gebruik word, waar die kinders van die Here bymekaar kom, dit hoef nie net in ‘n kerk gebou te wees nie. In (Matt 26:18) vra Jesus Sy dissipels om na ‘n se kere huis toe te gaan en daar te gaan voor berei.
- Wanneer en hoeveel keer mag ons nagmaal gebruik?
- Die Bybel praat van “so dikwels as julle bymekaar kom” dit praat nie van ‘n spesifieke tyd nie, daarom kan ons so dikwels as ons bymekaar kom nagmaal gebruik.
- Wat staan ons te doen voor ons nagmaal gebruik?
- Voordat ons nagmaal gebruik moet ons ons self ondersoek, kyk of ons nie teenoor God of teenoor iemand ander gesondig het nie. Indien wel moet ons eers gaan regmaak teenoor God of teenoor die mens, anders drink ons ‘n oordeel oor ons self. (1 Kor. 11:27-30)
DYING FOR US WAS THE MOST HE COULD DO,
LIVING FOR HIM IS THE LEAST WE CAN DO!
LIVING FOR HIM IS THE LEAST WE CAN DO!
No comments:
Post a Comment