Tuesday, February 7, 2012

Report Back to Base

The Mission


Mattheus 28:18-20

Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”



Ons Generaal

In die oorlog is kommunikasie met die Generaal baie belangrik.

Die generaal is nie noodwendig op die ‘battlefield’ nie, maar sien ‘n baie grooter prentjie as wat ek sien.

Die generaal kan vir jou die nodige instruksies gee om jou uit die gevaar areas uit te help.



Hoekom moet ons bid?

Voor ons kan vra hoekom moet ons eers antwoord tot wie ons bid.

Markus 10:27

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit on moontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”

Daniel 9:18

Luister tog, my God! Hoor ons tog! Sien tog ons verlatenheid raak, en dié van die stad waaroor u Naam uitgeroep is. Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhar tigheid.

Johannes 3:16-17

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe ges tuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.



Thinking I am self-sufficient

Johannes 15:5

Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.



Waarvoor bid ek?

Bely van sondes en aanvaar Sy geskenk van verlossing.

(Rom. 3:23-26)

Dat Sy wil geskied en dat die Heilige Gees ons lei.

(1 Pet. 5:7; Jer.29:11)

Vir geestelike verstand en wysheid.

(Spr. 2:6-8;3:5)

Danksegging

(Fil. 4:6)

Siektes, eensaamheid, beproewinge en versoekings

(Jak. 5:14-16; 2 Kor. 12:9-10)

‘Worship Him’

(Ps.95:6-7)



Hoe bid ek?

1 Tessalonisense 5:17

Bid gedurig.

Gebeds Model

Matteus 6



Hoe, waar en wanneer het Jesus gebid?

Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. Mat. 14:23

Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Mat. 26:36

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buiten toe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.

Mark. 1:35

Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Luk.5:16

In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Luk. 6:12

Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. Luk. 18:1



Ekstras op gebed

1 Johannes 5:14

Jakobus 5:16

Hebreers 11:6

Isaiah 40:31



Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg. Mattheus 5:44


Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Romeine 12:12


Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Efesiers 6:18


Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

Fillipense 4:6


Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar

Kolossense 4:2

Signing Up & Basic Training

Uncle Sam

- Een van die mees bekendste ikoone as dit kom by Amerika en hulle weermag.

- Tydens oorlog was die prent opgeplak by poskantore, winkels, ens. om mense tot diens te roep.

- Die slagspeek wat saam met die prent gaan is: “I Want You”


God roep na ons!

- In die selfde manier wat Uncle Sam ons roep vir diens tot die weermag, roep God na ons om tot Sy diens te wees.

- Reg deur die Bybel is daar verkseie maniere waarop God ons roep tot diens.

- God soek ons so graag in Sy diens dat Hy die duurste prys betaal het om jou te kan werf (recruit).

- “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
                                          Johannes 3:16

- In die skrif Johannes 3:16 gee God Sy eerste vereiste om in Sy diens te wees.

Vereistes

- Daar is 2 duidelike vereistes wat God gee om in Sy ‘Army’ te kan dien.

- Geloof en Bekering

- Efesiers 2:8-10

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof….

- Johannes 1:12-13

Maar aan almal wat Hom aangeneem het,….

- Mattheus 4:17

“Bekeer julle,….

- Handelinge 2:38

Bekeer julle …. - Romeine 5:10 Aangesien ons, toe ons nog vyande was,…. - Romeine 10:9-10 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is,….


BASIC TRAINING

Basiese opleiding gee jou die nodige kennis om te kan optree in omstandighede. (Soos oorlog)

Sonder Basiese Opleiding:

- Is jy ’n gevaar vir jouself en ander soldate rondom jou.

- Kan jy nie jou wapen reg gebruik nie.

- Weet jy nie hom om te funksioneer tydens ‘n oorlog nie.

- Het jy geen kennis van ‘Noodhulp nie.

- Het jy geen kennis van radio kommunikasie nie.

Selfs in God se ‘Army’ het ons opleiding nodig.

Wat behels ons opleiding in God se ‘Army’?

- Bybel (Wapen)

- Bid (Kommunikasie met die Generaal)

- Getuig

- Daaglikse bekeering

- Kerk of sel bywooning (Opleiding)

Al die maniere kan jou help om die oorlog te wen!



GOD’s ARMY

I will never give up!

I will never quit!

I will never leave a fallen soldier!

Thursday, January 5, 2012

Die Kruisiging en die Nagmaal (Notas)

  • Matt 26:1-5 “Die owerstes van die Jode hou saam raad”
    • (2) “Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.”
    • Jesus het vooraf geweet wat Sy Vader se doel met Hom is.
  • Matt 26:6-13 “Die maaltyd in Betanie”
    • (7) Vrou met die albaste fles met baie kosbare salf kom na Je- sus en gooi dit op Sy hoof uit.
    • Albaste fles: Dit was ‘n baie duursame geskenk van ouers aan dogters wanneer hulle reg was om te trou. Die dogter het dit dan aan haar toekomstige man se voete gebreek om vir hom te wys hy is haar als werd.
  • Matt 26:14-16 “Die loon van die verraad”
    • Judas gaan na die owerpriesters om te onderhandel hoe hy Jesus gaan oorlewer en teen watter prys.
  • Matt 26:17-30 “Die laasta pasga. Die heilige nagmaal.”
    • Pasga(Eng: Passover) Fees van die Ongesuurde brode
    • Exodus 12:43-51
    • Jesus en Sy dissipels gebruik die nagmaal.
  • Matt 26:31-35 “Petrus gewaarsku”
  • Matt 26:36-46 “Jesus in Getsemane”
    • Jesus en sy dissipels het gaan bid in die tuin van Getsemane
    • (39) “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”
    • (40) Dissipels het aan die slaap geraak en Jesus sê vir Petrus:
    • “So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”
    • Hematidrosis (Lk. 22:44)
    • (42) Jesus het vir ‘n tweede keer gaan bid.
    • (43) Vir ‘n tweede keer het die dissipels aan die slaap geraak.
    • (44) Jesus het hulle maar gelos om te slaap en vir ‘n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gebruik.
    • (46) “Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
  • Matt 26:47-56 “Jesus word gevange geneem”
    • LEES

  • Matt 26:57-68 “Jesus voor die Joodse raad”
    • LEES

  • Matt 26:69-75 “Jesus deur Petrus verloen”
    • Petrus ontken dat hy Jesus ken.

  • Matt 27:1-10 “Die selfmoord van Judas”
    • (3) Judas besef wat hy gedoen het en gee die geld terug.
    • (5) Judas hang homself

  • Matt 27:11-31 “Jesus voor Pilatus
    • Joodse wet: 39 houe
    • Romeinse wet: 40 houe; Man moet net na die straf sy eie kruis kan dra.
    • Jesus kon nie sy kruis alleen dra nie (Matt 27:32)
  • Matt 27:32-56 “Die Kruisiging”
    • Kruisiging het 6 ure lank geduur
    • Abnormale gebeurtenisse tydens die kruisiging:
      • Matt 27:45
      • Matt 27:51
      • Matt 27:52-53
  • LEES
    • Matt 27:57-66 “Die begrafnis van Jesus”
    • Matt 28:1-10 “Die Opstanding”
    • Matt 28:11-15 “Die verhaal wat onder die Jode versprei is”
    • Matt 28:16-20 “Die verskyning van Jesus in Galilea”
      - Jesus het ook aan ander groepe mense verskyn:
      • Lukas 24:13-32; Lukas 24:34; 1 Kol 15:5
Die Nagmaal:

  • Waar kom die gebruik van nagmaal vandaan?
    • Die nagmaal is deur Jesus self ingestel. Jesus sê ons moet dit gebruik tot sy gedagtenis. (Lees meer in 1 Kor. 11:24-26)
  • Wat is die nagmaal?
    • Die nagmaal is ‘n verbond wat deur Jesus ingestel is en deur Sy bloed beseël is (1 Kor 11:25-26). Dit is ‘n ooreenkoms tussen Jesus en die mens, ‘n sigbare teken dat Hy Sy bloed aan die kruis gestort het om vir ons sondes te betaal (Openb. 1:5)
  • Hoekom gebruik ons nagmaal?
    • Ons gebruik nagmaal om ons daaraan te herinner dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, dat Sy bloed uitgestort word tot vergifnes van sondes. (Matt 26:28)
    • Ons verkondig ook die dood van Jesus Christus todat Hy weer kom.
  • Waar mag ons die nagmaal gebruik?
    • Die nagmaal kan op enige plek gebruik word, waar die kinders van die Here bymekaar kom, dit hoef nie net in ‘n kerk gebou te wees nie. In (Matt 26:18) vra Jesus Sy dissipels om na ‘n se kere huis toe te gaan en daar te gaan voor berei.
  • Wanneer en hoeveel keer mag ons nagmaal gebruik?
    • Die Bybel praat van “so dikwels as julle bymekaar kom” dit praat nie van ‘n spesifieke tyd nie, daarom kan ons so dikwels as ons bymekaar kom nagmaal gebruik.
  • Wat staan ons te doen voor ons nagmaal gebruik?
    • Voordat ons nagmaal gebruik moet ons ons self ondersoek, kyk of ons nie teenoor God of teenoor iemand ander gesondig het nie. Indien wel moet ons eers gaan regmaak teenoor God of teenoor die mens, anders drink ons ‘n oordeel oor ons self. (1 Kor. 11:27-30)

DYING FOR US WAS THE MOST HE COULD DO,
LIVING FOR HIM IS THE LEAST WE CAN DO!

Tuesday, January 3, 2012

Maar Wat Van Die Storm (Notas)

  • Markus 4:35-41 (Jesus Maak Die Storm Stil)
  • Markus 5 - “En hulle het aan die oorkant van die see gekom…”
    • Gadara
  • Besetene van Gadara (Markus 5:1-20)
    • Man het in die grafte gebly
    • Niemand het daar verbei geloop nie.
    • Man was met ketting vas gemaak en het dit heeltyd gebreek.
    • Die man het dag en nag geskree en homself met klippe stukkend geslaan.
    • (6)Toe die man Jesus sien het hy onmiddelik na Hom gehard loop en voor Hom geval en geskree met ’n groot stem.
    • Jesus vra die demoon sy naam en hy antwoord: Legioen, want hulle was baie. (Legioen is omtrent 6,000 man gewees)
    • Jesus stuur die demone in ‘n trop varke in wat daar naby ge wei het en die varke harloop almal van ‘n krans af tot binne in die see.
    • (14)Die wagters van die varke het stad toe gehardloop en al mal vertel wat gebeur het. Die mense het Jesus gevra om asse blief die area te verlaat.

  • Mattheus 9:9-13 (Roeping van Mattheus)
    • Fariseers vra vir die dissipels hoekom hulle meester saam met vissermanne en tollenaars eet, waarop Jesus antwoord: “Die wat gesond is, het nie ‘n geneesheer nodig nie, maar die wat ongesteld is.”

  • Markus 5:21-43
    • (Jairus se dogter en die vrou wat lei aan bloedvloeiing)
    • Jairus (owerste by die sinagoge) val voor Jesus en vra Hom om sy dogter te genees wat op haar laaste is.
    • Oppad na Jairus se huis raak ‘n vrou aan Jesus se soom van Sy kleed.
    • Die vrou het aan bloedvloeiing gelei vir 12 jaar.
    • Sy het al haar besittings weg gegee aan verskeie geneeshere maar het nog nooit gesond geraak nie.
    • Die oomblik toe sy aan Jesus se soom van Sy kleed raak was sy genees en Jesus het krag uit Hom voel verlaat.
    • Jesus stop en vra wie aan Hom geraak het.
    • Jesus sê aan die vrou: “Jou geloof het jou gered.”
  • (35)Terwyl Jesus met die vrou praat het die dogter van Jairus reeds gesterf.
    • Toe Jesus by Jairus se huis aankom sien hy klomp mense wat ween en huil en sê: (39) “Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slap.”
    • (40) En hulle het Hom uitgelag.
    • Jesus het almal uitgejaag behalwe die pa, ma en die wat Hom gevolg het.
    • (41) Jesus vat die dogtertjie se hand en sê: “Talita, koemi” wat beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op! Sy het dadelik op gestaan en rondgeloop want sy was 12 jaar oud.
    • Jesus het almal beveel om niks te sê nie en vir hulle gesê om haar iets te gee om te eet
  • Markus 6 (Jesus het Nasaret toe gegaan)
    • Daar het Hy in die sinagoge gepreek
    • Mense het Jesus erken (Markus 6:2-6
  • Markus 6:7-13 (Sending van die twaalf)
    • Matt 12:14 (Hulle beplan om Jesus dood te maak)
  • Markus 6:14-29 (Dood van Johannes die Doper)
  • Markus 6:30-44 (Vermeerdering van die brode)
    • (31) Dissipels moet rus
    • Hulle het in die skuit geklim en na ‘n verlate plek gegaan sodat hulle kan rus, maar die mense het hulle te voet gevolg.
    • (34) Toe hulle uit klim het Jesus jammer gevoel vir hulle want hulle was soos skape sonder ‘n herder.
    • Jesus en sy dissipels voer die 5,000+ man wat daar was met 5 brode en 2 vise waar daar nog 12 mantjies oor was na dat hulle almal versadig was.
    • Jesus beveel die dissipels om solank oor te vaar terwyl Hy die mense weg sien
  • Markus 6:45-56/Mat 14:22-36 
    • Jesus wandel op die see
    • (23b) Dit het aan geraak terwyl Jesus bid en Hy was alleen.
    • (24) Die boot waarop die dissipels was, was al in die middle van die see waar hulle baklei het om te roei a.g.v. die wind en golwe wat teen die boot slaan.
    • (25) In die 4de nagwaak het Jesus na hulle toe gekom al wan delende op die see.
    • Die dissipels was bang en het gesê Hy is ‘n spook, maar Hy het hulle gerus gestel en gesê hulle moenie vrees nie.
    • (28) Petrus ‘challenge’ Jesus en vra Hom om hom te beveel om op die water te loop. En Jesus antwoord: “Kom”
    • Petrus klim toe uit die boot en loop op die water na Jesus toe. Maar toe hy die wind sien raak Hy bang en verloor fokus en terselfde tyd ook geloof en hy begin sink.
    • (31) Hy het uitgeroep na Jesus en Hy het hom dadelik gehelp
    • Hulle het in die boot geklim en dadelik het die wind bedaar

OPSOMMING:


Na die eerste storm het die dissipels gesien wat Jesus kan doen.
Hulle het nou al besef dat as hulle by Jesus is, is hulle veilig.
Petrus se geloof was so baie, dat toe hy Jesus sien wou hy net by Hom wees.
Petrus was sterk oppad na die veiligheid wat Jesus bied, toe hy sy fokus verloor.
Toe Petrus sy fokus van Jesus af skuif het hy gesien hoe erg die storm is en hy het moed en geloof begin verloor en daarom het hy begin sink.
Maar so vinnig soos wat hy dit verloor het, het hy na Jesus geroep en Hy het hom gehelp.
_____________________________________________________


Dalk het jy op ‘n tyd ‘n groot geloof gehad en het kans gesien om enige iets te doen. Iewers langs die pad het jy fokus verloor en begin kyk na die situasies (storms) rondom jou.



Jesus sê:
“Kom”
Ek en jy vra:
“Maar Wat Van Die Storm”


Onthou solank jy by Jesus bly kan enige storm maar kom, Hy sal jou altyd beskerm. Al wat ek en jy moet doen is om Hom te nooi om in ons lewensboot te klim.


“ONE WORD FROM GOD CAN CHANGE YOUR LIFE”

Die Storm in My (Notas)

  • Markus begin sy boek waar Jesus gedoop (baptitso) word in die  
  • Jordaan Rivier
  • Jesus begin disipels bymekaar maak (Markus 1: 14-20)
  • Preek in sinagoges (Mat 4:25), dryf demone uit (Mat 4:24) - Kapernaum
  • Mense was verstom en vra: Wie is Hy dat die demone vir Hom luister? (Mark 1:21-28)
  • Uit die sinagoges na Simon se skoonma wat siek is en maak haar gesond deur om net aan haar hand te vat. (Mat 8:14-17)
  • Teen die aand: Bring almal die siek en besetene na Jesus toe om hulle gesond te maak en vry te spreek. (Markus 1:32)
  • Volgende oggend vroeg:
  • Sonder Jesus Homself af om te gaan bid (Markus 1:35) en besluit toe om na die volgende dorp te beweeg.
  • Jesus se beroemdheid het so vinnig versprei dat toe Hy in ’n huis was in Kapernaum het die mense die hele huis en selfs die deure toe gestaan.
  • Dis in die huis wat die mense die dak oopgebreek het en en ’n verlamde laat in sak het sodat Jesus hom kon genees. (Markus 2:1-12)
  • Leering d.m.v. vergelykinge: Markus 4:1-34 (Sien Mat, Lukas, Johannes)
  • Deur als ’challenge’ Jesus die skrifgeleerdes en autoriteit

Markus 4:35-40


Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.” Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”


‘n Paar dinge om te onthou:
  • Die disipels het als gelos om Jesus te volg.
  • Hoekom het die disipels als gelos om Jesus te volg? (Rabi kleed)
  • Meeste van hulle was vissermanne - manne wat die see ken.
  • Die See van Galilea was bekend tot vandag toe vir sy storms.
  • Die disipels het teen daai tyd al gesien wat Jesus kan doen (genesing, demone uitdryf, ens.)
________________________________________________________________________________
  • Jesus het geslaap op die agterkant van die boot.
  • (Was Hy moeg? Of was dit ‘n toets?)
  • Toe die storm op kom het die disipels nog steeds bang geraak.
  • Hulle maak Jesus wakker en vra: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Jesus word wakker en bestraf die wind deur die woorde: “Hou op! Bedaar!”
  • Toe vra Jesus vir hulle: “ Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”
  • Dis asof Hy vir hulle vra: “Het julle nog nie gesien wat ek kan doen nie? Waarom twyfel julle?


Toe hulle sien dat die storm bedaar het was hulle verbaas en vra mekaar:

“Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”


Die Storm In My




Is daar storms in jou lewe?

Lyk dit of jy gaan verdrink?

Jy het ook al van Jesus gehoor of selfs al begin ‘n pad stap saam met Hom.

Twyfel jy ook soos die disipels?

Onthou Jesus is daar al lyk dit nie so nie!
_________________________________________________________________________________

Onbeskaamd - Drenkeling

 
Jesus ek is besig om te verdrink

Die golwe is hoog en die water diep en donker

Ek is moeg gespartel

Ek klou soos ‘n drenkeling vas aan U woorde

Maar my vingers is besig om te gly

Desperaatheid hou my kop onder water

En versper my enige hoop

Gooi net ‘n reddingstou in my hand

Of spreek ‘n woord dat die storm bedaar

Maar deur die stormwind hoor ek U fluister

Ek is saam in jou lewensboot

Die golwe kan maar woed, ek maak die storm in jou stil

Dit is waar, hoe hoër die branders

Hoe stywer hou Ek jou vas

Hoe duideliker hoor jy My hart